‘n Kwaliteit webtuiste vir ‘n kwaliteit produk

 

WEBTUISTE ONTWIKKELING, WORDPRESS, LANBOU  |  Julie 30, 2020

“Die lewe is te te kort vir
nagemaakte botter, kaas of mense…”
– onbekend

 

Een boer in die Overberg het nie gehou van wat hy gesien (of geproe) het nie. Dit het hom aangespoor om ‘n meer gesonde leefstyl na te volg vir hom en sy gesin, en sy planne het ontwikkel in ‘n nuwe besigheid.

AJ du Toit en sy familie boer in die Rûens area in die Overberg, en is die 4de generasie op die plaas. Oor die jare het AJ al hoe meer ontevrede geword met die kwaliteit van die beskikbare vleis, wat vol hormone en antibiotika was. Hy het ook nie inligting gehad oor die tipe kos wat die diere gevoer is nie. As gevolg van sy frustrasie, het AJ tot die besef gekom: Hy moet sy eie vrylopende (free-range) besigheid begin, om sy familie die beste te kan gee vir hul gesondheid.

Dit het gelei tot die bekendstelling van Hanskraal Free Range in 2010.

 

Teen 2020, het die besigheid so gegroei dat dit tyd was vir hul eie webtuiste.

1. Die eerste stap

Om die handelsmerk ‘n nuwe, vars gesig te gee, maar steeds herkenbaar te wees vir bestaande kliënte. In dieselfde tyd is Excelsior Plaas Vars Vleis oorgekoop, om die vleis produk reeks verder uit te brei. Die idee was om alles onder een nuwe Hanskraal handelsmerk te vestig.

Een van die ontwerpers waarmee LoveGreen gereeld werk, Kruative Media se Stef Kruger, het die taak aangepak. Diep rooi en ligte groen is gekies as die primêre kleure, en hy het ook die sirkel uitleg van Excelsior met Hanskraal se half-sirkel bymekaar gebring, vir ‘n skoon, herkenbare en modern aanslag.

Hier is die resultaat: 

2. Toe was dit LoveGreen se beurt – om Hanskraal se digitale platforms te ontwikkel.

Daar is besluit om dié WordPress webtuiste skoon en modern te hou, met baie wit spasie en ‘n sagte grys lettertipe. Die donker rooi word toe verder ingetrek deur die webtuiste. Tina kon ‘spatsels’ groen inbring, om die groen van die Overberg vas te vang (en om ‘n positiewe gevoel van nuwe groei te gee). Behalwe vir die diere, is mense en die gemeenskap ook belangrik vir Hanskraal, en vorm dit deel van die Hanskraal storie. Hierdie webwerf het ‘n sterk fokus om besoekers te lei om Hanskraal produkte te bestel, aangepas om mooi te vertoon op verskillende toestelle. Moontlikhede in die toekoms sluit ‘n aanlyn winkel in.

Die boodskap was baie belangrik vir AJ. Hy glo sterk in ‘n kwaliteit produk, en die webtuiste moes Hanskraal se kwaliteit vasvang: beide in die gevoel sowel as die teks.

3. Fokus op vrylopende, gesonde en gelukkige diere 

LoveGreen het ook hand bygesit aan die visuele kant om te help met Hanskraal se fotografie. Die foto’s moes nie net Hanskraal (en die Overberg) se wese vasvang nie. Dit moes ook AJ se fokus op vrylopende, gesonde en gelukkige diere uitlig. Adrianne het hierdie foto’s van die hoenders, hul groen grasperk, en oulike huisies afgeneem (wat soms beteken dat sy interessante planne moes beraam om die regte “angle” te kry) wat nou op die webtuiste te siene is:

4. ‘n Kwaliteit produk

Soos AJ op kwaliteit fokus, so ook is dit LoveGreen se doel om ‘n kwaliteit produk aan ons kliënte te lewer.

Hier is die eindresultaat: 

(Dankie aan die Hanskraal span vir lekker saam werk te midde van die Covid19 pandemie.)

Heather is our content writer. She enjoys helping our clients formulate their message and loves to run her way across beautiful mountains, to explore new places and is always ready for an adventure.

Recommended Articles

Phillipskop Reserve and a string of fantastical events

Phillipskop Reserve and a string of fantastical events

Chris took us for a guided hike over the reserve. But the sightings and experiences were unusual, and unlike any we’d experienced before. Perhaps the biggest difference was the number of things to see – from flora, to fauna, to history, in the space of

read more

LoveGreen is more than the name of our team.
It is

… a philosophy.   

  … a daily choice.   

    … a deep respect for nature.  

    … a way of life.  

Email: hello@lovegreen.co.za | Phone: 072 8848 468

HOME  |  WHAT WE DO  |  DIGITAL MARKETING  |  OFF-LINE COMMUNICATIONS  |  MEDIA MANAGEMENT